Archive for the ‘Amazing stuff’ Category

Die laaste lag …

Saturday, November 28th, 2009

Ek lag baie … veral hoe ouer ek word. Maar dit voel asof die klok my koggel. Elke dag is die tik-tok net ‘n rapsie vinniger en lag ek ‘n bietjie meer.  Maar g’n mens kan vier-en-twintig uur aanmekaarlagenlagenlag … dis soos om die honderd meter in een sekond te hardloop!!! Hoe flippen vinnig kan een mens dan wees???

Maar gisteraand het ek werklik gelag dat die trane rol …zero to 100!

Ons dreig nou al weke om movies toe te gaan, maar ons werk net te hard. Genadiglik sluip daar ‘n blaaskansie tussen die werk deur en ons eindig op in “Old Dogs” … John Travolta en Robin Williams … die trane het gerol … my maag het gepyn. Op een stadium raak die twee se ouman-pille deurmekaar en die side-effects is skreeusnaaks. Nee regtig, ek sal dit weer gaan kyk, nét om daardie scene te sien.

En so word ek vanoggend wakker met ‘n lag in die kies en terwyl ek die kantoor oopsluit wonder ek ook side-effects en pille.  Want sien, in die week maak Jean ‘n draai hier en ek het amper omgeval toe ek sien hoe stunning sy lyk.  Neeeeee …. flihippin amaaaazing!!! Ons sien mekaar so een of twee keer per jaar, maar sy het 30kg in die laaste 9 maande verloor. Geniun !! 30 …

Kyk, tyd vir werk was daar nie – sy moes eers die secret deel. Hoe de … het jy dit gedoen, wat het jy gemaak, what the f@#$%k is die secret! Jean blom van oor tot oor en ek sit gereed met my pen … deel moet sy deel.

Kyk, name mag nie genoem word nie, maar daar was pille by betrokke … duur pille en die goed is glo so wonderlik en amazing, jy hoef nie te diet, te oefen, te niks … jy sluk net een pil per dag! En rat-ta-da-daaa, jy smelt soos ‘n ysblokkie in die son!  Nee regtig, ‘n ysblokkie in die son sê ek jou!

Nou teen daardie tyd het ek al name, websites, telefoonnommers … the works … bo-oor oorspronklike dokumente neergeskryf – is mos te lui vir filing en my boekhouer gaan my vermoor!!!!!!  Maar ek worry nie, want ek is ‘n flippen ysblokkie … en ek worry nog minder oor hoeveel dit gaan kos, want as jy mos nou pille sluk dan hoef jy nie kos te koop, so my budget gaan klop en ek verloor sommer net daar op die spot ‘n kilogram van opgewondenheid.

Great!!! Die secret is uit … rooi geskribbel oral oor en ek voel reg vir die somer.

Maar ek is mos nou ‘n hoogs-intellegente wese met super-powers … rat-ta-da-daaa, so ek vra darem of daar side-effects is. Kan jy nou meer … ek vra ‘n sukses-kandidaat uit oor side-effects.  Regtig? Jy word net baie dors? Ag maar dis nou geen probleem, want ek drink juis te min water volgens al wat ‘n kenner is en hier is mos ‘n water-cooler op my lessenaar … steek net die ou armpie uit. En nog … OH, jy moet dit net vroeg in die oggend drink sodat jy nie in die aand wakker lê. Wonderlik!!!! Ek slaap juis so min en staan reeds so vroeg op so kom ek slaap sommer gladnie! Ag fantasies … ek gaan soooo produktief wees.

En nog? vra ek … “Ag nie juis iets wat ek kan onthou nie” ….mmmhh, moet tog gaan hoor wat sê Google oor Alzheimers.

Alles klink net te goed vir woorde … maar hier staan sy … 30kg ligter … dit moet mos werk!!!

Ek wonder al jare oor die woema wat in pille is … net so ‘n klein ou dingetjie en siedaar!!  As jou kop pyn, dan sluk jy so ‘n ou wittetjie, as jou maag seer is so ‘n ou geletjie, ‘n blouetjie vir die baarmoeder en aan die einde van die reënboog was nog nooit ‘n pot goud.

Maar dit moet tog werk, want as jou kopseer kan weggaan kan jou boude seker smelt???  Maar selfs Houdini was bekend daarvoor dat hy vreeslik skepties was … kul jou hier en kul jou daar.

Maar wie van ons het nognie ‘n pil gesluk en die effek OF side-effects daarvan gevoel?  Selfs die uwe ek het al so ‘n stel of twee afgetrap …

Eendag was ek regtig baie siek … so siek dat ek van die een dokter na die ander was en op ‘n stadium enigiets sou sluk om net beter te voel.  En ‘n sekere mens wie se naam ek nie hier kan noem voer my toe sommer ‘n ou pilletjie wat glo werk vir elke skeet en kwaal.  En ek sien sommer hoe deins ‘n paar van julle terug …. hmmmm, ook die ou pilletjie by DIESELFDE persoon gekry … hierdie kan nie ‘n pil genoem word nie man!!! Dis flippen drugs, sê ek jou!!!

“Ag Talanatjie, sluk net hier. Jy gaan nou beter voel.”

Hoogs intellegente wese sê ek jou!!! Ek moet net môre my Ik laat toets – Eistein se m*@r!!!!

Al wat ek onthou is hoe ek probeer het om in die gang af te loop – drie trappies vorentoe, stamp die koppie teen die muur, halftreetjie terug.  Ek kry nou nog so ‘n nervous twitch as IEMAND WIE SE NAAM EK NIE HIER GAAN NOEM!!!! my ‘n pilletjie wil gee.  Persoon X het gaan eksamen TIK met so ‘n pilletjie agter die blad … matriek TIK eksamen!!!!! Sy vertel nou-nog hoe sy met ‘n grin op die gesig die tikmasjien se armpie heen en weer geswaai het en met haar polsies op ‘n knop getrek, getik het as if there is no tomorrow ….Y het uitgepass, net so met haar een voet in die skoen toe sy dit probeer aantrek het – net so vorentoe!!!

Van Z wil ek nie eens praat nie!!!! Daar was drank by betrokke en die volgende oggend sit hy nog net so op die kampstoeltjie en lyk asof 22 van die 23 chromosomes hom spontaan verlaat het.

Ek leer ook nie, want ek vat toe eendag … uit eie vrye wil !!!!!!!!!!! ….stuff (oh f@#$k hulle gaan my toesluit) omdat ek superfiks wil word in een oefensessie … vir drie dae kon ek nie sluk nie!! Het gevoel of ek poeier geëet het en om nie eens te praat van loop nie. Het so geoefen, want die “stuff” gee jou korttermyn geheueverlies – JY VERGEET JY RAAK moeg!!!!!! Never ever ever ever again!!!!

Hoog intellegent né!

Vanoggend val ek van my stoel af soos ek lag oor die side-effects wat ons familie al getref het … en ek vra vir Google of pille boude kan laat smelt.

Nou-ja, buiten ‘n pil en ‘n other stuff ….
is daar niks waarvoor ek skrik nie!!

Eerste teug …

Wednesday, April 22nd, 2009

Het jy as kind ooit probeer kyk hoeveel lengtes jy onder water kon swem?  Of dit nou die klein opblaas ringswembadjie was of iewers in ‘n swembad by jou maats…. maak nie saak nie.  Kan jy onthou hoe jou kop wou bars, jou longe brand, jy iewers bly vasklou het aan die trofee dat jy nie die een sal wees wat eerste jou kop bo die water sal uitsteek – nie die een wat eerste die lug in jou longe opsuig, hygend oor die swembadrand hang en voel hoe jou lyf warm raak van die suurstof…

Ek kan dit onthou.  Die benoudheid, die eerste teug na lug….

In ons huis vertel ons mekaar gereeld hoe geseend ons is – baie liefde, lekker kos, ‘n warm bed, gesondheid, werk… sommer net hoe geseend ons is. Ons dweep nie, loop nie met die Bybel onder die arm en skreeu halleluja as ons aansit vir ‘n bord kos… maar bedoel in opregtheid as ons se ons is geseend. Iewers kyk iemand met sagtheid op ons neer.

‘n Vreemdeling vra so ‘n paar dae gelede vir my of ek nie verlore raak in die stad, die miernies hier om my en sonder om te huiwer kom die antwoord dat my skaal perfek balanseer.  Ek het ‘n maat wat my asem, my anker is.  Ek het ‘n dogter (my Bekkie) wat ek meer lief as wat sy ooit kan besef.  En my keel trek toe as ek net dink dat hulle ooit iets moet oorkom. My bors brand en ek snak na my asem.

Op 5 Junie 2007 stuur Adele vir my ‘n sms:

“Dankie dat ma 19 jaar terug geboorte aan my geskenk het en grootgemaak het asof ek die belangrikste en kosbaarste is… ek kon nie vir beter gevra het.”

Ek snak na my asem…

Moments

Tuesday, April 21st, 2009

My first camera was a blue plastic box. I was nine years old at the time. Now at the age of 44 and 10 days I look back and see small pieces of my soul in every picture that has magically appeared from box to EOS.

Thank you to my daughter who came up with the name for this site – Adele, jy is my hart se punt…..

I will try to update this site on a daily basis.  Please feel free to comment, contact, browse….. but please respect the copyright and if you need some of the pictures, contact me at talana@moments.co.za