Archive for the ‘Time’ Category

Vroeg oggend …

Saturday, September 12th, 2009

Ek het nog nooit baie slaap nodig gehad nie … en ek is ‘n oggend mens, kan dou-voor-dag uit die vere wees en as iemand vir my vertel hulle het tot na nege geslaap dan dink ek hulle is weird.

Vanoggend was dit weer so … half 5 spring my oë oop.  Rol eers bietjie die kant toe, draai weer om, maak my oë toe … maar nee – oop wil hulle oop – en so kan ek nie net daar lê nie.  Kombuis toe … drink die Coke Zero net so uit die bottel en gaan groet die honde.  Hulle is altyd bly om my te sien. ‘n Mens sou dink ek was weg vir drie weke.

Op ‘n stadium het ons vier honde gehad … Borris, Madiba, Sera en Chrunchie.

In 1994 koop ons ‘n huis … ons eerste en ons is dillie van die opgewondenheid … Yummie … ‘n tuin wat lyk soos ‘n oerwoud, verf wat afdop, ‘n badkamerkassie wat met een skroef aan mekaar gehou word, teels wat gekraak is … ons was mal oor die plek – soveel potentiaal!!!!

Maar wat is ‘n huis nou sonder ‘n ou woefie … en so kry Borris vir ons.  Hy was een van ‘n werpsel wat in ‘n boks op die hoek van die straat gelos is (tot vandag toe hoop ek die persoon wat dit gedoen het is met ‘n paal oor die neus geslaan). Borris het sy pad tot by ‘n huis gevind waar die ander honde hom nie vreeslik geduld het … en daar vind hy ons, met sy rooibruinliggeelmmmmm scruffie-dhogg lyfie, die grootste ore wat ek nog ooit aan ‘n hond gesien het, wit ooghare … ok, julle het dit uitgefigure … hy het ietwat soos Borris Becker gelyk – vandaar die naam Borris … en so reguit in ons harte in.

Nou watter hond kan nie geleer word om die balletjie te gaan haal as jy dit gooi? Hmm, kom nou … alle honde kan dit mos doen.  Waar’s ‘n bal, waar’s ‘n bal … ok kan nie nou een kry, so kom ons gooi sommer een van die suurlemoene wat hier aan die boom groei, hmm – dit kan mos net so goed werk.

Daar trek die suurlemoen … daar trek Borris weg … sy eerste dag by sy nuwe huis – hy gaan beslis hierdie klomp impress … vanaand is dit steak!

Die f@$$en bal proe $%$!!!!!  Liewe hemel, hoe gaan die steak proe!!!!  Ok, kom ons probeer weer, want hierdie suur bal los ek net hier.  Daar trek die suurlemoen … daar trek Borris weer vol moed weg …. steak, steak, steak, steak, steak …. %$% !!!!!

En nooit weer !!!!! In 14 jaar kon ons Borris nooit weer kry om enigiets te gaan haal wat ons gooi!!!  Ons kon ‘n stuk steak vat, maar as jy dit gooi sit hy net hier langs jou ek kyk jou aan met so ‘n ietwat neus-in-die-lug houding … ek is defnitief te slim vir hierdie familie.

‘n Paar weke gelede sit ons almal een aand na ete om die tafel en gesels en so eindig ons by Borrisstories … elkeen het ‘n ietsie of ses om te vertel en ons rol soos ons lag.

Een van die beste stories ooit, was die return-van-die-varkkop …

Borris was rough and tough!!! Niks het om ooit onder gekry, geen heining (maak nie saak waarvan dit gemaak is) hek (maak nie saak hoe na die ysters aan mekaar was) of muur (hoe hoog ookal) kon hom inhou, die wêreld was sy kuierplek, hy was die baas!  As hy die dag besluit het hy doen iets of gaan iewers, kon jy maak wat jy wil … hy doen dit!!!!!!

So sit ons een aand op die stoep, drink ‘n rooiwyn, gesels oor die dag, lag vir ons eie grappies … en iets vang my oog.  Nie iets wat ek elke dag sien nie, beslis nie eens elke week of maand nie.  Nou kyk, die rooibruinliggeelmmmmm scruffie-dhogg lyfie wat probeer terug “spring” het in die erf was nie ongewoon … dit was ‘n gemaklige gaping vir Borris, so twee-drie hoppies en hy is op die muurtjie en deur die heining.

Hop hop spring … nee, hy maak dit nie. Hop hop spring … nee, beslis nie. Nog so ‘n paar probeer hoppe, maar nee, vanaand gaan hy dit nie maak nie.  Nou begin ons al nader staan … Hy kom so net-net op die muurtjie, maar beslis nie deur die heining … iets pla, iets in sy mond is te groot om deur die heining te druk …. ‘n flippen varkkop !!!!  Waar in die middel van Pretoria kry ons hond ‘n varkkop???

Oh no, baie beslis gaan jy nie ‘n varkkop in hierdie huis inbring Borris!!!!  Met ‘n gestoei en ‘n gepluk het ons die varkkop.  Asblik toe, yuk !! Borris kyk ons aan asof ons mal is … my varkkop, julle het my varkkop gesteel, gee terug die kop!!!!!!

Nee Borris!  Hier trek ons die streep!

Tot vandag toe kon ek dit nog nie uit-figure het hoe hy die kop uit die asblik gekry sonder om die asblik om te stamp.  Maar die volgende oggend was die kop weer daar … perspienk, vol gras en grond en Borris kouend aan ‘n oor of iets.  Ons was byna mal … stoei, pluk, raas … die keer in ‘n checkers sak, in ‘n ander sak en ons betaal iemand om die kop in ‘n asblik (baie ver van hier) te gaan gooi.

Goed so – weg is jou kop, gaan eet jou hondeblokkies en borsel sommer jou tande ook!!!

Drie dae later …. laa-la-laa-la-laaaaaa … almal is maar besig met stuffies in en om die huis …. laa-la-laa-la-laaaaaa … hop hop spring, hop hop spring!!!!?????????!!!!!!!!!!!!!!?????????? Ek ruk omtrent my nek af … en Borris ??? Hop hop spring, hek toe, ander hek toe, weer terug, hop hop spring, hek toe, druk druk, kan nie deur, hop hop spring …

Onf@kk$nmoontlik!!!! Drie dae later was die kop weer daar! Maar die keer was dit anders. Anders?? Die flippen kop is al pers-swart en dit stink so, neeeeeeee – stink is die understatement van die jaar!!

Ons raak mal, gil, smeek, betaal weer iemand (daardie maand was ons budget in sy dinges in) en met pennetjies oor ons neuse staan ons in totale verdwasing en skud net ons koppe oor die verskyning van die varkkop.

Borris is bosbef%k!!!! Sy kop is alweer afgevat!!!

Die kop raak die besprekingspunt om die eetkamertafel.  Almal sug van verligting … die kop is uiteindelik weg.

Nou kyk, ons het nie ‘n klein huisie nie.  Die plek is in 1906 gebou en met die jare het elke eienaar ‘n stukkie eie-ek hier aangebou.  Hier is hoekies en draaikies en elke dan en wan ontdek ek self nog ‘n plekkie – asof dit net gister hier neergesit is.  Jy kan lekker nomadies raak in die plek, want ons trek elke seisoen na ‘n ander kamer … nee regtig, dit is so!

Nou in daardie spesifieke seisoen … die een van die varkkop … het Adéle in die klein kamertjie, net langs die groot kamer wat langs die garage is, ingetrek … ok, almal het hulle dinge … en sy het doodgelukkig daar gebly… tot ‘n paar dae nadat ons uiteindelik van die pers-swart varkkop ontslae geraak het.

“Ma, iets ruik nie lekker daar naby by my kamer!”  Adéle staan met haar hande op haar heupe en haar oë tot op haar voorkop opgetrek.  “Iets vrot!”

“Nou maar maak skoon jou kamer.”

“Dit IS skoon. Kom kyk.”

Snuffend kruip ons deur die huis …

Ons ruik iets.

Ons raak mal van die reuk!!!

Nou sonder om te verduidelik presies hoe die hoekies en draaikies hier werk … het Adéle se kamervenster (op daardie stadium) oopgemaak na soort-van-buite-in-die-garage-wat-eintlik-nie-’n-amptelike-garage-genoem-kan-word …. en in hierdie soort-van-buite-garage-wat-eintlik-nie-’n-amptelike-garage-genoem-kan-word was ‘n hondehok.  Een van daardie groot, groen asbes tipes … en in die grond, was daar ‘n gat, en in die gat was daar ‘n … VARKKOP !!!!!!  Die flippen kop was in die hondehok – reg onder die kamervenster!

Ek hardloop, met trane in my oë van die reuk, tot in die anderkant van die tuin. Sewe miljoen vrae deur my kop … hoe kom die f@kk$n kop terug, hoe is dit moontlik, waar is daai flippen hond want ek gaan sy nek omdraai, hoe het die kop weer hier gekom, hoe het hy met die kop deur die heining gekom, hoe het hy geweet WAAR is die kop weggegooi, hoe, hoe, hoe???

“Maaaaaa, kom haal hierdie kop uit die hondehok.”

“Nee, ek gaan nie eens weer aan daardie kant van die huis kom.  Ek gaan naar raak.”

“Maaaaaaa, Nadiaaaaaaaaaaaaaaaaa!!!”

Ons raak histeries aan die giggel … wie gaan die kop uithaal????

En so rol ons van die lag om die eetkamertafel. Die trane die rol oor jou bokkie, die trane die rol oor jou bokkie …

“Ma, ek sal nooit vergeet hoe ek binne in die hok moes inkruip om die kop uit te haal.” Dit was geniune ‘n groot hok.

Ons rol van die lag.

“Nee wag nou!”

Die trane rol oor my wange van die lag … my maag pyn.

“EK moes inkruip en die f@#$@%kk&%@n kop gaan uitsleep, want julle het net geweier en gesê julle bly baie lekker daar aan die ander kant van die huis!”

En almal rol van die lag … ons sit tot laat en stories vertel.

Borris-the-Great !!!

Vanoggend vroeg, met ‘n traan op my wang, mis ek hom vreeslik baie.

Ek sal vir hom tien varkkoppe gaan haal vir nog net een laaste scruffie-dhogg drukkie.

Michael Jackson

Friday, June 26th, 2009

Vanoggend kry ek ‘n oproep … “Het jy gehoor Michael Jackson is dood?”

Ek dog eers dit is een van daardie grappies … “Het jy gehoor van die ou wat …” en ek wag in spanning vir die res van die Michael Jackson grappie. So in die gesels spring ek op Google (my precious) en ‘n lys van berigte spring op.  Ja dit is so, Michael Jackson has left the building.  En ek besef weereens hoe vinnig tyd verbyvlieg, want dit voel soos gister toe ek in my woonstel saam met my vriende al die Jackson moves probeer het.  Ons het tevergeefs agteruit probeer sweef oor die mat, in die rondte gedraai en ons heupe gewikkel… die rooiwyn het ons meesters gemaak.

En nou jarrrrre later dink ek hulle sal die mental police bel as iemand sien ek probeer sulke moves uithaal.  Ek dink ek sal lyk soos iemand wat verstik aan ‘n stukkie brood en mal van benoudheid probeer om die heimlich manoeuvre op myself uit te haal.  Nee, ek wil nie eens daaraan dink nie.

Ek kyk na Michael se gesig wat oor die jare so verskriklik verander het.  Ek dink aan die hoeveel emails wat ek al daaroor gekry het.  Hoe die media vol was van sy misvormde gesig, sy weird en verwronge hunkering na aandag, sy obsessie met staatskos, maar dan dink ek ook aan sy musiek … Off the Wall, Thriller, Bad, Dangerous, History, Blood on the Dance Floor, Invincible en al sy ander Collection Albums en ek kyk verby die maskers en onthou die ongelooflike musiek.  Want dit is, was en sal altyd wees.  Michael sal onthou word saam met Elvis, John Lennon, Frank Sinatra, Freddie Mercury, Nat King Cole, Barry White, Luther Vandross, Johnny Cash, Janis Joplin, Ray Charles, Bob Marley, Luciano Pavarotti … om nie eens te praat van ons eie Miriam Makeba, Deon van der Walt, Gene Rockwell, Kobus du Plessis, Johannes Kerkorrel, Gé Korsten … en die lys is oneindig.

Vandag sê ek dankie vir musiek, vir die ongelooflike plesier wat dit verskaf, vir die golf wat ons wegvat na plekke waarvan niemand weet.  Dit move ons, dit gee ons hoop, dit herinner ons aan die verlede, dit inspireer ons, dit bring ons nader aan mekaar.

En ek sê dankie vir tyd … ek wil elke oomblik wat ek het benut, ek wil elke sekonde laat tel.  Ek wil moments capture, want soos Jacky altyd vir ons gesê het … “time waits for no man” en ek wonder hoe vol my uurglasie al geloop het.